6 UNIVERSITY OF JOHANNESBURG BOODSKAP VAN DIE VISEKANSELIER EN REKTOR Soos jy met hierdie volgende hoofstuk begin, staan jy voor die moeilike maar belangrike besluit van waar jy gaan studeer en wat jy sal kies om te studeer. Terwyl jy jou opsies noukeurig opweeg, verseker ek jou dat die Universiteit van Johannesburg (UJ) een van die lewendigste en polsendste universiteite in Suid-Afrika is. Alhoewel UJ ’n relatief jong instelling in die Suid-Afrikaanse hoëronderwyslandskap is, het ons oor die laaste paar jaar tot ongekende hoogtes gestyg. Ons geskiedenis is ryk en verteenwoordig ’n ryk nalatenskap. Onlangs het ons doelbewuste posisionering in die Vierde Industriële Revolusie (4IR) en ons opkoms as ’n Pan-Afrikaanse instelling hierdie pad uitgestippel. Daarbenewens plaas ons klem op navorsing wat die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (VOD’s) aanspreek en bydra tot beleidsontwikkeling. Ons leerrevolusie, is nou, een wat gedefinieer word deur ons sosiale impak in hierdie strewe. Ons is ’n dinamiese Universiteit wat die toekoms aktief om ons vorm. Ons is verbind tot jou akademiese en intellektuele ontwikkeling met die fokus daarop om jou vir die toekoms voor te berei. Die wêreld rondom ons verander vinnig en so ook die vereistes vir sukses. By UJ bewapen ons jou met die vaardighede en die vermoë om aan die 4IR deel te neem en te floreer. Meer nog, ons doen dit met die klem op maatskaplike impak en volhoubaarheid. Dit berus op die geloof dat universiteite nie net leerinstellings is nie, maar ook kragtige agente vir verandering in hul gemeenskappe en die wyer samelewing. By UJ sal jy vooruitstrewende akademici uit verskillende agtergronde, van regoor die wêreld, wie sal bydra tot jou akademiese sukses teëkom. Daar is ’n wye verskeidenheid vooraanstaande programme, wat wissel van voorgraadse diplomas tot doktorsgrade in ons sewe fakulteite en een kollege. UJ het ’n tegnologie-gedrewe benadering tot onderrig en leer aangeneem, wat vergelykbaar is met van die beste universiteite ter wêreld. UJ se wêreldwye statuur en akademiese robuustheid word erken deur die mees gesaghebbende wêreldranglyste vir hoër onderwys. UJ het die afgelope jare as ’n sterk mededinger na vore getree, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook op die vasteland, en het aansienlik verbeter op hierdie ranglys. UJ het die afgelope jare aantoonbaar uitgeblink in onderrig, leer, navorsing en die kerf van ons voetspoor. Ons het dit as ‘n akademiese gemeenskap gedoen. Ons prioriteit is die maksimalisering van jou studente-ervaring. Die oorgang na universiteit kan skrikwekkend lyk, maar UJ het stelsels en strukture in plek om te verseker dat dit ’n naatlose proses is. UJ se eerstejaar-ervaringsprogram bied byvoorbeeld ondersteunings- en ontwikkelingsgeleenthede, terwyl robuuste akademiese en tutorondersteuningsprogramme ’n naatlose reis tydens jou universiteitstudie verseker. Ons bied dinamiese eerstejaarkursusse aan, wat wissel van Afrika-ervarings tot Kunsmatige Intelligensie (KI) tot ’n inleiding tot die VOD’s, wat daarop gemik is om ons studente ’n mededingende voordeel te gee. Ons Seniorjaarervaringsprogram sal jou ’n hupstoot gee vir jou finale jaar, gradeplegtigheid en daarna. Op elke vlak is UJ daartoe verbind om by te dra tot jou holistiese ontwikkeling. Benewens ’n genotvolle, veilige, ondersteunende en intellektueel stimulerende omgewing, bied ons geleenthede vir jou om jou netwerk uit te brei. Jy kan netwerke bou wat jou lewenslank sal ondersteun. Ons noue en volgehoue verhouding met ons alumni demonstreer ons gedeelde verbintenis tot UJ se visie. Ons impak op ons eie gemeenskap en buite ons deure het van krag tot krag gegroei. Ons bou aan ’n universiteit wat ’n kragtige katalisator vir maatskaplike vooruitgang is. Gevolglik laat UJgegradueerdes hul merk op ons land, vasteland en daarbuite. UJ bied jou die geleentheid om ’n individu te word wat die toekoms tot voordeel van ons wêreld herbedink. As jou doel is om ’n blywende impak op die samelewing te maak en innovasie en veerkragtigheid te demonstreer, is dit die regte keuse. Sterkte met hierdie belangrike besluit! Die geleenthede en vistas wat by UJ verken kan word is onbeperk en ons hoop om jou volgende jaar hier te verwelkom. Dit is jou toekoms, herbedink! Prof Letlhokwa Mpedi Visekanselier en Rektor
RkJQdWJsaXNoZXIy MjU1NDYx